School Tour Specialists

MENU

Academic Achievers Tour USA 2016

Ons wil graag die deel watter impak die “Top Achievers Toer na Amerika” in Oktober 2016 gehad het op ons seun – Louis Schoonbee.

Ons het ons seun gestuur vir ‘n paar redes.  Die eerste is dat die toer na Amerika die Top universiteite besoek aan die Oos Kus van Amerika.  Hierdie universiteite is wereld bekend en seker van die beste.  Ons wou graag dat Louis blooltgestel word aan daardie vlak van onderrig.  Met die aanslag op standaarde en die onderwys en onderrig tans in Suid Afrika, is dit belangrik dat ons vir Louis nogsteeds wys wat die hoogste standaarde is.  Of hy nou eendag daar studeer of nie is onbelangrik. Hy moet weet hoe lyk die beste in die wereld.

Die tweede rede is dat die ander kinders op die toer soortgelyke standaarde en ambisies het as Louis. Ons wou graag hom blootstel aan hierdie kinders.

Laastens was dit duidelik dat die toerprogram en toerleiers die toer baie goed beplan het.  Ons wou graag dat die totale ondervinding op ‘n baie goeie standaard plaasvind.

Om saam te vat- ons het baie groot verwagtings gehad en is baie dankbaar dat die toer ten volle daaraan voldoen het. Louis was absoluut stomgeslaan oor die die blootstelling by die verskillende universiteite en hoe die kampuslewe daar werk.  Hy het baie goeie vriende gemaak wat ons dink hy dalk die res van sy lewe mee kontak sal he.  Die hele ondervinding help hom om sy ambisies en toekoms te help vorm na sy seisoen by Affies voltooi is volgende jaar. 

Die organiseerders van die toer doen dit op n baie hoe standaard.  Ons het die voorreg om gereeld te reis en Louis gaan meeste kere saam.  Ons is dit almal eens dat die kwaliteit en waarde vir geld baie goed is.  Ons het nooit gewonder of ons kind veilig is nie, en daar is nooit tyd gemors nie.  So toer is ‘n groot finansiele investering, en daarom is hierdie terugvoer ook vir ons baie belangrik.

Laastens, gaan ons ons tweeling seuns (tans in Graad 9) ook op die toer stuur indien ons dit enigsins kan bekostig in die toekoms. 

 

Kind regards

Gert Schoonbee