School Tour Specialists

MENU

Academic Achievers USA 2016

Baie dankie vir die voorreg om te kon saamgaan.  Dit was voorwaar `n fantastiese ervaring.

Lêer met inligting: Baie volledig en verbruikersvriendelik.  `n Groot pluimpie in jou hoed en `n groot dankie.

Akkomodasie: 100% op standaard.  Die ontbyt elke oggend was voldoende, kamers groot en gerieflik, wagtye om in te boek baie kort, ens.

Bus en bestuurders: Ek dink nie ons kon vir beter vra nie.  Ons bestuurder, Angie, is `n uiters versigtige bestuurder.  Haar humorsin dra haar deur alle moeilike situasies, ek het nooit die indruk gekry dat sy gespanne raak nie

Akademiese sessies: Hierdie was vir my `n hoogtepunt, hoewel ek baie bewus is daarvan dat almal nie dieselfde bealngstellings deel nie.  Sou dit dalk  moontlik wees om gelyklopende sessies met verskillende onderwerpe aan te bied om almal te akkomodeer?

Baie dankie weer eens vir die geleentheid om te kon saamgaan.  Die rustigheid waarmee jy die hele toer gehanteer het, was opmerklik.  Jou probleemoplossingsvaardighede  is noemenswaardig.