School Tour Specialists

MENU

Brackenfell High School

Die Hoërskool Brackenfell is gebou op grond wat vantevore aan plaaseienaars, mnre. Brink, Cilliers en Walton behoort het. Daarom is dit gepas dat die interhuisgroepe hierdie name dra.

In Januarie 1976, ‘n baie stormagtige jaar in die SA geskiedenis, is die deure van die Hoërskool Brackenfell geopen vir die eerste gr. 8’s en 9’s. Op 14 Augustus 1976 is die skool amptelik ingewy.

Die eerste skoolhoof was mnr. Pieta Bruwer en die tweede mnr. Ossie Theron. Nadat die skooluniform en baadjie aanvanklik bruin was, het die skole in Brackenfell in 1995 gesamentlik besluit op dieselfde basiese blou skooldrag, terwyl elke skool sy unieke wapen sou behou.

Van ‘n nederige begin het die Hoërskool Brackenfell gegroei tot ‘n reus in die noordelike stadsgebiede – met ‘n trotse rekord op akademiese, kulturele en sportgebied. Daarby is een van die unieke kenmerke van ons skool sy maatskaplike betrokkenheid – een van die maniere waarop ons uit dankbaarheid iets teruggee aan die gemeenskap waaruit ons gegroei het.

Ons getalle het ‘n hoogtepunt bereik toe ons op 1705 leerders gaan draai het. Die nuwe hoërskool in Brackenfell het egter groot verligting gebring. In 2016 (ons 40ste bestaansjaar) staan ons op 1420 leerders en 70 onderwysers.