School Tour Specialists

MENU

Hoërskool Garsfontein

In Januarie 1988 open Hoërskool Garsfontein in die ooste van Pretoria sy deure. Onder leiding van die skool se eerste waarnemende hoof mnr. LJ van der Merwe, die 15 personeellede tot sy beskikking en die 310 nuwe leerders, vestig hierdie baanbrekers die fondamente waarop Hoërskool Garsfontein kon bou en bewaar.

In 1989 stel die skool hul eerste amptelike skoolhoof aan, mnr. NJ Pepler. Prof Frik Stuart (Beheerliggaamvoorsitter 1990) skryf is sy verslag dat die skool voorwaar begin voldoen aan die leuse wat hy daar gestel het. Die leuse van die skool, “Bou en Bewaar”, simboliseer die strewe daarna om te bou en ontwikkel aan ‘n  skool vir die gemeenskap en dit te bewaar vir die geslagte wat sal volg.

Soos Prof Stuart dit beskryf is die “groei” vinnig sigbaar op alle gebiede en Hoërskool Garsfontein begin homself vestig as ‘n mededingende krag in Pretoria. Dit is duidelik dat Hoërskool Garsfontein reeds van sy

vroeë dae daarna begin streef het om dié toonaangewende skool in Pretoria te wees. Na 10 jaar

Groei  die skool se getalle na 1300 leerders en verder tot die 1750 leerders waaruit die skool

vandag bestaan.