School Tour Specialists

MENU

Riebeeck Vallei

Woorde kan nie altyd ‘n mens se gevoelens presies uitdruk nie, maar ek wil van die geleentheid gebruik maak om elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie ongelooflike ervaring uit my hart opreg te bedank. Baie dankie aan Wihan en Maritza vir ure se geduld, kommunikasie en ondersteuning. Die diens wat ek van die twee ontvang het met die aanloop tot die toer het dit vir my soveel makliker gemaak om so ‘n projek vir die eerste keer aan te pak.

Die toer was beslis vir elkeen wat deel daarvan was ‘n belewenis was nooit vergeet sal word nie. Weet dat ek dit opreg bedoel as ek se die toer se organisasie en reelings was onverbeterlik en nerens het ons enige administratiewe probleme of onsmaaklikhede ervaar nie.

Die agente wat ons in Ierland vergesel het was 24/7 beskikbaar en het op ‘n gereelde basis met ons gekommunikeer. Die verblyf, restaurante, en busritte was van die gehalte wat enige ouer kon laat gerus en tevrede voel.

Die drie klubs waar ons gespeel het het uit hul pad uit gegaan om ons welkom te laat voel en ons letterlik op die hande gedra.

Vir my as onderwyser kom so ‘n geleentheid nie sommer oor ‘n mens se pad nie, en het altyd gedink ‘n besoek aan die idiliese Ierland sou altyd net ‘n droom wees, so vir my was hierdie nie net ‘n toer nie maar ‘n lewenservaring.

Ek glo die seuns was met hulle gedrag en uitslae goeie anbassedeurs nie net vir hulle onderskeie skole nie maar ook vir Travel & Sport. Ek hoop van harte dat julle dit sal oorweeg om bande te hou met die Riebeek Vallei Sporttoernooi.

Die uitslae was as volg:

Wen Terenure RFC 52-0
Wen Cork Con 39-17
Wen Young Munster 32-5

Weereens baie dankie, julle het n ongelooflike toevoeging tot my lewe gemaak, asook vyftien jong manne wat ‘n leerskool gekry het wat hulle sal toerus vir die Hoerskoolloopbane wat volg. Ek is tans besig om ongeveer 1000 fotos op die Facebook blad te laai

Opregte dank
S.G. du Toit