School Tour Specialists

MENU

Cultural School Tour – Die Oorsprong Van Afrikaans

School tour to Netherlands

Join us on our popular school tour “Die Oorsprong Van Afrikaans” to the Netherlands. Experience an exciting 9 day school tour filled with cultural activities. Read more or enquire now for more information and to personalize the tour to your requirements.

Places you will visit

  • Amsterdam: Rijksmuseum, Anne Frank-huis, Kanaalvaart, Zaanse Schans
  • Utrecht: Museum van die Universiteit van Utrecht
  • Culemborg: Jan van Riebeeck-huis
  • Gouda: Kaasmark
  • Delft: Delftse porseleinfabriek, Johannes Vermeer-museum
  • Gent: Brugge Sjokelade-staptoer, Museum vir aartappelskyfies
  • Brussels: Stadstoer, Sjokeladefabriek, Atomium
  • Longueval: Suid-Afrikaanse Nasionale Gedenkteken
  • Parys: Louvre, Disneyland Parys, Eiffel-toring

Dag 1: Suid-Afrika – Amsterdam

Vertrek vanaf OR Tambo-lughawe, Johannesburg na Schipol-lughawe, Amsterdam, Nederland.

Dag 2: Amsterdam, Nederland

Amsterdam is die hoofstad en die grootste stad van die Koninkryk der Nederlande. Amsterdam is geleë in die westelike provinsie Noord-Holland aan die IJ- en die Amstelrivier. Hoewel Amsterdam die amptelike hoofstad is, setel die regering in Den Haag. Amsterdam het ’n bevolking van meer as 800 000 in die stad en sowat

2,3 miljoen in die metropolitaanse gebied. Amsterdam staan bekend vir sy gragte en vir sy verdraagsaamheid teenoor ander kulture. Die stad se eeue oue multikulturele samelewing geniet wêreldwye aansien. Vandag besoek ons die Rijksmuseum en die Anne Frank-huis.

Dag 3: Amsterdam – Utrecht

Ná ontbyt vertrek ons na Utrecht waar ons een aand sal oornag. Ons besoek onder meer: Zaanse Schans

op pad na Utrecht, Museum van die Universiteit van Utrecht en moontlik die Beatrix-teater (nie ingesluit nie, maar kan versoek word).

Dag 4: Utrecht – Culemborg – Gouda – Delft – Gent Ná ’n vroeë ontbyt vertrek ons na Gent waar ons die volgende drie nagte deurbring. Op pad besoek ons Culemborg, Gouda en Delft. Ons besoek onder meer: Jan van Riebeeck-huis, Gouda-kaasmark en die Delftse porseleinfabriek. Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting van die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika. Jan van Riebeeck is van kulturele en geskiedkundige betekenis vir Suid-Afrika. Hy word deur die Afrikaners as die grondlegger van die Afrikanervolk beskou.

Dag 5: Gent – Brugge

Ná ontbyt vertrek ons na Brugge vir ’n voldag-stadstoer. Die aktiwiteite is onder meer: Sjokolade-staptoer deur Brugge en ‘n besoek aan die museum vir aartappelskyfies (frites). Brugge is die hoofstad van die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere met ’n oppervlak van 138,4 vierkante kilometer en sowat 117 000 inwoners (2010). Die stad, wat danksy die groot aantal kanale ook as die “Venesië van die Noorde” bekend staan, is in 2000

2002 was dit saam met die Spaanse stad Salamanca die kulturele hoofstad van Europa. Die middag is vry om Brugge op eie tyd te verken. Daarna reis ons terug na Gent waar ons die aand oorslaap.

Dag 6: Gent – Brussel

Vandag besoek ons Brussel. Ná ’n stadstoer besoek ons ook die Atomium.

Die Atomium is saam met Manneken Pis en die Groot Markplein van Brussel een van die stad se gewildste

bakens. CNN het dit as Europa se mees bizarre gebou aangewys. Die Atomium is ontwerp deur André Waterkeynen en is 102 meter hoog.

Dag 7: Gent – Longueval – Parys

Ná ontbyt vertrek ons na Parys nadat ons by Route de Ginchy aangedoen het. Vandag se aktiwiteite sluit onder meer ’n besoek aan Bois Delville – die Suid-Afrikaanse Nasionale Gedenkteken in. Delvillebos (in Engels Delville Wood, in Frans Bois d’Elville) is ’n klein bos by die dorp Longueval in die Somme-vallei in Frankryk. Die Suid Afrikaanse Oorloggedenkteken en die Delvillebos-gedenkmuseum ter herinnering aan Suid-Afrikaners wat aan twee wêreldoorloë, die oorlog in Korea en die Berlynse Lugbrug deelgeneem het, is in 1986 geopen. Die museum is ’n verkleinde weergawe van die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad.

Dag 8: Parys

Na ‘n lekker ontbyt vertrek ons na die ongelooflike Disneyland Parys vir ’n voldag-uitstappie propvol pret!

Dag 9: Parys – Johannesburg

Vandag verken ons Parys op ’n begeleide stadstoer. Die toer eindig by die asemrowende Eiffel-toring. Daar is nog ’n tydjie vir inkopies voordat ons na die Charles De Gaulle-lughawe vertrek vir die vlug terug na Suid-Afrika.

Dag 10: Johannesburg Land in Suid-Afrika. Welkom tuis!

Spend a few days more and explore.

 

Duitsland

Sluit ‘n paar aande in Duitsland in.