Skoolkoor Kompetisie Beoordelaar – Awie van Wyk

Abraham van Wyk is gebore op 10 November 1949. Awie, vir wie hy beter bekend is, het in die Karoo groot geword en het in Potchefstroom gevestig. Hy is sedert 1976 verbonde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys – tans die Noordwes Universiteit.

Awie het na skool musiek gaan studeer in Stellenbosch by die Universiteit van Stellenbosch en het daarna gaan skoolhou in die omgewing. Met sy B.Mus graad kon hy aangestel word as die koorleier van die Christelike Jeug-tot-Jeug aksie en het gedurende 1975 gewerk by die Universiteit van die Oranje Vrystaat. Hy was hier ook koorleier van die universiteitskoor.

 

In 1976 is hy aangestel as dosent by die Potchefstroomse Universiteit waar hy ook sy nagraadse studies aangepak het. Hy word hier aangestel as die universiteotskoor kondukteur en bly aan vir meer as 30 jaar. Hy het ook die Wes Transvaal Jeugkoor afgerig vir 8 jaar agtereenvolgens.

 

Awie van Wyk het in 1984 na Amerika gereis waar hy verdere onderrig ontvang het onder David Willcocks, Frauke Haaseman, Aden Lewis en Phillip Brunell.

 

Prof van Wyk het op ‘n hoë noot afgetree as die PUK koorleier waar hy saam met die koor in Prague opgetree het in Desember.

 

Kyk na ‘n video van die koor hier:

http://www.youtube.com/watch?v=V7QGH_ORVaE&feature=relmfu

http://kyknet.dstv.com/2011/12/10/kwela-7-desember-2011-prof-awie-van-wyk-deel-1/

 

 

Inligting vanaf:

http://www.stichting-sela.nl/uploads/uploads/PUK/CVAwieEng.pdf

http://www.stichting-sela.nl/uploads/uploads/PUK/CVAwieEng.pdf

Travel and Sport en Atterbury Teater Skoolkoor Kompetisie – Beoordelaars

Suid-Afrika se mees bekende opera sangeres, Mimi Coertse, gaan een van die drie beoordelaars wees van die skoolkoor kompetisie. Hannelie van Sittert en Awie van Wyk wat beide bekende koorleiers is gaan saam met Me Coertse die beoordelaarskepse aantrek.

 

Mimi Coertse is gebore in Kwazulu-Natal op 12 Junie 1932. Na skool het sy gewerk as ‘n sang en musiek afrigter en het in 1954 in Wene (Vienna) begin met formele opera onderrig. Sy is in 1956 ontdek in Europa waar sy die rol van eerste blommemeisie vertolk het in Wagner se “Parsifal”. Daarna het sy tot 1978 aangebly by die Weense Staatsopera. Sy het in 1973 teruggekeer na Suid-Afrika waar sy ‘n gereelde gas was op die verhoog asook radio- en televisieprogramme. Mimi is sedert 1988 betrokke by die ontwikkeling van nuwe talent en sy het saam met Neels Hansen die “Black Tie Ensemble” gestig wat jong sangers in staat stel om te werk as professionele sangers.

 

Mimi gaan eersdaags ‘n filmrol aanpak saam met Frank Opperman, Paul du Toit, Elma Postma en Helene Lombard. Die film is gebasseer op die ware verhaal van vier kunstenaars wat deur verskeie terugslae, sukses behaal het.

 

 

 

Hou die blog dop vir meer inligting oor die ander twee beoordelaars.

 

Inligting verkry vanaf:

http://en.wikipedia.org/wiki/Mimi_Coertse

http://www.bach-cantatas.com/Bio/Coertse-Mimi.htm

http://saoperasingers.homestead.com/Mimi_Coertse_Bio.html

http://www.sahistory.org.za/people/mimi-coertse

http://www.mio.co.za/article/mimi-coertse-lands-movie-role-2012-01-24

Travel and Sport en Atterbury Teater Skoolkoor Kompetisie 2012

Travel and Sport bied met trots die eerste skoolkoor kompetisie aan, wat by die Atterbury Teater gaan plaasvind op 22 tot 31 Mei 2012. Daar is 4 afdelings wat bestaan uit die meer ervare gemengde koor, minder ervare gemengde koor, meer ervare seunskoor en meer ervare dogterskoor. Skole uit Pretoria is genader vir die kompetisie. Elke koor moet vier werke voorberei wat insluit die van ‘n Suid-Afrikaanse komponis, ‘n Afrika werk en twee eie keuse werke. Elke koor sal ongeveer 20 minute hê om hul werke aan te bied. Die skole wat gaan deelneem aan die minder ervare gemengde groep is Hoërskool Centurion, Hoërskool Eldoraign, Hoërskool Montana, Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Overkruin. Skole in die Meer ervare seuns/dogters groep is Hoërskool Garsfontein (dogters), Die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Die Afrikaans Hoër Seunskool en Pretoria Boys High. Skole wat binne die meer ervare gemenge groep gaan deelneem is Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Wonderboom.

 

Skole gaan deur bekende persoonlikhede binne die musiekbedryf beoordeel word. Me Hannelie van Sittert van die Magaliesberg Kinderkoor, Mnr Awie van Wyk, vorige koorleier van die NWU-Puk-Koor en Me Mimi Coertse, Suid-Afrika se mees bekende sopraan.

 

Hou die Travel and Sport blog en Facebook bladsy dop vir die volledige program asook meer inligting oor ons beoordelaars.

 

Vir meer inligting oor skoolkoor toere, kontak ons vir ‘n gratis kwotasie. JOU skoolkoor kan oorsee toer!

 

Facebook Page: Travel and Sport

Facebook Friend: Traveland Sport – or add us manually at face...@travelandsport.com

Email us: i...@travelandsport.com

Call us: 012 348 9000

Website: www.travelandsport.com

Fukuoka toer verslag 3

Hallo aan almal vanuit Japan.

 

Dit was vir ons ‘n groot vooreg om vandag hoof wedstryd by die opening seremonie te speel. Die seuns het die landslied gesing en het ‘n baie beter vertoning op die veld as gister gehad.

 

Die seuns is voor die wedstryd in die kleedkamer deur Divan Serfontein toegespreek en dit het baie beteken.

 

Ons het na 1ste helfde 5-0 voor geloop.

 

Die nr 1 span van Japan het kort na halftyd 2 Vinnige drieë gedruk wat ons bietjie onder druk geplaas het.

 

Die seuns het mooi teruggeveg, maar het ongelukkig die wedstryd 21-19 verloor.

 

Japan se rugby is baie sterker as wat hulle in die verlede was, en dit klink of hulle baie geld spandeer om hulle spelers reg te kry vir die 2019 rugby wêreld beker wat hier aangebied word.

 

Daar is vanjaar 8 spanne van Japan en 8 internasionale spanne, en 6 van die 8 Japanese spanne het gister gewen. Skole van Engeland, Australië, Kanada en Uruguay het ook gister op hulle neuse gekyk.

 

Ons maak reg vir die openings funksie van vannaand en gaan goeie bande smee met die ander spanne.

 

Ondanks die negatiewe uitslae van die laaste 2 dae, geniet die seuns die toer vreeslik baie en hulle groei elke oomblik emosioneel.

 

Ons het more ‘n af dag en gaan Nagasaki toe. Ons speel Dinsdag ons 3rde poel wedstryd teen die skool van Tonga. Ons hoop vir ‘n beter uitslag.

 

Groete en lekker lang naweek hou!

 

Michael Beyneveldt

Fukuoka toer verslag 2

Goeie dag almal!

 

Ons is so pas onkant gevang op die rugbyveld met ‘n vurige aanval deur die Japanese. Ons is verslaan 18-10 deur Kyoto Tegniese Skool tydens ons eerste wedstryd.

 

Die seuns was “surprised” in die eerste helfde deur die opponente en was reeds 15-0 agter na 10 minute.

 

Ondanks ons goeie terug veg was ons 15-5 agter met halftyd.

 

Die seuns het baie beter gespeel die 2de helfde, maar was deur die stophorlosie ingehaal. As ons wedstryd 10 minute langer was, het ons gewen.

 

Terug na die oefenveld of “back to the drawing board” soos die Engelsman sou sê.

 

Ons het verloor, maar ons vat dit soos manne en ons bly by ons toer slagspreuk: NO EXCUSES.

 

Nou hard oefen en harder konsentreer. Ons maak ons pad finaal toe effens moeiliker, maar is steeds in ons visier.

 

Groete en lekker dag.

 

Michael Beyneveldt.

Monthly posts
Categories
Login