Academic Achievers Tour USA 2016

Noudat ‘n mens uitgerus is, kom al die herinnering so helder terug dat dit onwerklik voel dat ons nie meer in die VSA is nie.

My kinders kan nie uitgepraat raak oor die toer nie en hulle is dit eens dat dit ‘n lewensveranderende toer was.

Baie dankie vir jou moeite tydens die toer. Jou geduld met en omgee vir die kinders, jou positiewe energie en raakvat reëlings het alles bygedra om die een groot hoogtepunt te maak. Ons sal die toer  nie maklik vergeet nie.