School Tour Specialists

MENU

Hoërskool Pretoria-Noord

Die eerste privaatskooltjie is in 1890 op Theodorus Erasmus se plaas Westfontein gestig (agter Wannenburg skrootwerf)  
  In 1895 het Jan Booysen ‘n staatsondersteunde skooltjie aan die oostekant van die Apiesrivier op die been gebring 
Sedert 1904 word die Anglikaanse kerk in Generaal Beyersstraat gebruik vir ‘n staatskool : Pretoria-North School  
 

Die eerste klaskamers van die Pretoria-North Parallel Medium School (Laerskool Danie Malan vandag) is op 20 Mei 1909 betrek 

Op 19 Januarie 1943 word die Junior Hoërskool Pretoria-Noord afgestig en die standerd 6 tot 8 leerlinge trek oor na Huis Zeeland  
  Die bouwerk aan die skool is in 1944 begin en in 1946 voltooi. Sedert 1951 is Pretoria-Noord ‘n volwaardige Hoërskool. 
   
 

Foto links bo : Standerd 8 klas 1948

Foto bo : Klas van 1949

Foto links : Matriekklas van 1951

Tot vandag….

wat ons gegroei het tot skool van by die 900 leerlinge met ‘n verskeidenheid aktiwiteite en ‘n akademiese standaard waarop ons trots kan wees. Die skool is ‘n Afrikaans mediumskool.