Rovers Rugby Tour – England And Wales Nov 2018 -School Tour Specialists

Rovers Rugby Tour – England And Wales Nov 2018

Geagte Wihan

Graag wil ek vir julle by Travel&Sport gelukwens met ‘n baie geslaagde Rovers toer na Engeland en Wallis. Die reëlings was van meet af baie professioneel en het ‘n groot rol gespeel in die sukses van die toer. Dra asseblief my dank oor aan Adrian, Frances, Etienne en al die ander rolspelers wat agter die skerms gewerk het.

Ek is van mening dat die seuns ‘n wonderlike ervaring gehad het wat hulle vir altyd sal by bly en dat hegte vriendskapsbande gevorm is.

Ek het baie waardering vir die geleentheid wat ek gehad het om met die groep te toer.

Voorspoed met die reëlings vir Ierland 2019.

Groete;
Schoeman du Preez

If you like this post, feel free to share it