School Tour Specialists

MENU

Windhoek Afrikaanse Privaatskool – Greece Tour 2017

Ons is almal veilig terug en ek wil darem net terugvoer gee.

Baie dankie vir jou uitstekende diens met die aanvoer tot die toer. Die vlugkaartjies was oral in orde en alle plekke reg bespreek,geen probleme by enige lughawe nie.

Die kaartjies vir al die watervervoer was in orde en was lekker om so tussen die eilande te ry.

Die busvervoer was altyd betyds en baie luuks, baie dankie.

Die hotelle was uitstekend met uitstekende ontbyt en goeie ontvangs.

Die gidse wat julle aangestel het was vriendelik, goed vertroud met alle geskiedenis en die land en sy omgewing en hul Engels duidelik en verstaanbaar, veral die laaste gids Ritsa was uitstekend.

Die negatiewe is dat daar regtig niks was om oor te kla nie , behalwe dat dit te kort was.

Nogmaals baie dankie ,ek kan julle by enige skool met n skoon gewete aanbeveel.